Ontmoet die Simfonie-span
Ontmoet die span wat Simfonie elke dag versorg. As jy vrae het vir hierdie span, kontak ons deur hier te klik.
George van Schalkwyk - Hoofleraar
Pastoor George van Schalkwyk aanvaar in Mei 2006 die beroep na Simfonie, destyds bekend as AGS Witpoortjie. Met 'n groot liefde en waardering vir die Heilige Gees se werk, groei Simfonie van krag tot krag onder Pastoor George se leierskap.

Jacques Pienaar - Hulpleraar
Pastoor Jacques Pienaar is al sedert 2015 deel van die Simfonie-span. Hy is 'n spesialis op die veld van kinder- en tienerbediening, en lei ook ons Aanbiddingspan. Pastoor Jacques bedien ook Simfonie se jong volwassenes.

Johan Roode - Hulpleraar
Pastoor Johan Roode is al vir jare 'n bekende gesig in die gemeente. Nadat hy in 2005 uitgetree het as hoofleraar by AGS Witpoortjie, het hy 'n paar jaar daarna weer 'n deeltydse beroep as hulpleraar by Simfonie aanvaar, met die primêre fokus om ons senior lidmate te bedien.

Alta van Schalkwyk
Alta van Schalkwyk, Pastoor George se vrou, sluit saam met hom in 2006 by die gemeente aan. Alta geniet saam met Pastoor George die bediening as leraarspaar by Simfonie, en is veral toegespits op Simfonie se vrouebediening, welsynwerk en algehele berading.

Tersia van As - Sekretaresse
Tersia van As is die vriendelike stem wat jou gewoonlik groet as jy die Kerkkantoor skakel, en is verantwoordelik om enige navrae en versoeke na die regte plekke te kanaliseer. Tersia sien ook om na die fasiliteite se besprekings en gebruik, en sorg deur die week dat die kampus in top-kondisie is vir elke Sondag se dienste.

Terreinspan
Ons terreinspan, onder leiding van Nico en Rina Coetzee sorg dat die terrein elke dag silwerskoon en topklas vertoon aan enige besoekers wat dalk by Simfonie 'n draai maak. Jerry en Josephine help in die tuin en regdeur die geboue om te sorg dat ons fasiliteite 'n vertoonstuk van die Here se Majesteit in ons gemeenskap bly.
