Ek's nuut

Is jy nuut by Simfonie? Begin dan eers hier

Baie welkom by ons!

Ons is só bly jy het hier by ons kom kuier! Ons glo en vertrou jy voel alreeds welkom hier by Simfonie, en dat ons mekaar sommer gou beter sal leer ken.


By Simfonie is ons 'n gemeente wat elke dag liewer vir God, liewer vir mekaar, en liewer vir die wêreld se mense daarbuite wil word. As jy saam met ons dit elke dag prakties wil uitleef, is jy welkom om met ons kontak te maak - vul net die onderstaande vorm in, en ons sal jou help om deel van die Simfonie-familie te word.