Club Extreme

Club Xtreme is ’n groep mense wat God se woord wil verkondig deur informele wyses, om sodoende dit duidelik te maak dat dit nie “moeite” is om ’n kind van die Here te wees nie. Christene kan hulleself geniet en uitleef op alle terreine, Jesus het immers gekom om vir ons lewe in oorvloed te gee.   Ons doel is om NIE-Christene en mense buite Simfonie te bereik en te nooi om deel te word van ons familie in Christus. Club Xtreme is is nie beperk tot ’n sekere ouderdomsgroep nie, maar betrek graag mense van alle ouderdomme.

Dit is ons passie om mense te bereik deur funksies wat nie noodwendig in die Kerkgebou plaasvind nie en sodoende mense van verskillende agtergronde gemaklik en tuis te laat voel. Funksies wat gehou word is onder andere: Go-Kart resies, Pieknieks, Karaoke aande, Christmas in July, Visvang naweke, Wegbreek naweke, Fliek-aande (Flieks soos Letters to God, Courageous, God’s Not Dead ens. word dan gewys), Aksie Krieket en nog vele meer.

Alhoewel meeste van ons funksies as fellowship-aksies bemark word, word daar steeds duidelik gespesifiseer dat ons steeds alles tot eer van ons Hemelse Vader doen, en dat dit steeds gaan oor die uibreiding van Sy Koninkryk.

Indien jy meer wil weet aangaande Club Xtreme, is jy welkom om met ons kontak te maak by clubxtreme@simfonie.co.za of jy kan gerus ons Facebook-blad besoek.