Simfonie AGS Witpoortjie Bybel-leesprogram

Lees saam met ons deur die Bybel in 2018.

Kom ontdek God se Woord op `n VARS manier. Hoe die leesprogram werk:

  • Daar is 4 teksgedeeltes wat elke dag gelees kan word.
  • Twee gedeeltes kom in die Nuwe Testament voor, en twee uit die Ou Testament. Dit verseker `n opwindende variasie.
  • Merk elke gedeelte af as jy dit klaar gelees het.
  • Kies uit die Skrifgedeeltes wat jy gelees het, `n teks wat jou aanspreek, en skryf dit neer. Praat met die Here deur die dag oor die teksgedeelte.
  • Daar is slegs 25 lesings in `n maand, en dit help dat jy gemaklik kan opvang indien jy dalk `n dag of twee nie Bybel kon lees nie.
  • Indien jy werklik sukkel om soveel Skrifgedeeltes te lees, kan jy die keuse maak om slegs die Nuwe Testament, of die Ou Testament te lees. Die Heilige Gees sal ook graag daardeur met jou praat.
  • Kry iemand wat saam met jou leesprogram aanpak. Dit is geestelik opbouend om met iemand te gesels oor jou Woord-ontdekkings. Omgeegroepe kan dit ook saam lees.
  • As jy laat begin om die program te volg, begin dan by die betrokke maand van die jaar. Jy kan die daaropvolgende jaar met Januarie se leesprogram begin.
  • Indien jy die program op die “YouVersion”-toepassing wil volg, soek na die “Discipleship Journal Bible Reading Plan”. Maak seker om die toepassings se taal na Engels te stel, voordat jy begin soek na die leesplan. So kan jy saam met jou vriendegroep die Bybel ontdek.

Laai die program hier af:

Bybelleesprogram vir 2018 VOLLEDIG

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

3 × two =